Kursus


IMG-20150219-WA0002

https://www.facebook.com/SelfAktief

     Elke aksie, hoe klein ook al, het ’n reaksie.

 

Kursus Positiewe Opvoeding en Kursus Positiwiteit in Jouself

Ek bied albei kursusse aan in Waverley, Pretoria.
Stuur ’n e-mail na: aukje@selfinaksie.co.za

 

 

  • U kan privaat aanmeld, maksimum 8 deelnemers.
  • U kan in Waverley kursus volg. Plek word bekend gemaak as die groep volledig is.
  • 8 Lesse vir R600 per persoon. Lesmateriaal ingesluit.

 

  • U kan ook  vir ’n groep bespreek, maksimum 8 deelnemers.
  • Binne 30 km van Waverley, soos kerksaal of skoolklas.
  • Groepsprys vir 8 lesse R2500 per groep en R3/km. Lesmateriaal ingesluit.

 

KURSUS POSITIEWE OPVOEDING

Tema’s:

1. kennismaak met elkaar en met die program:
– die rol van die opvoeder/versorger by die ontwikkeling van jong kinders

2. liggaamlike ontwikkeling en motoriek:
– sport en spel

3. verstandelike ontwikkeling:
– taalontwikkeling
– die belang van speel vir die ontwikkeling van die kind

4. opvoeding deur positiewe discipline metodes:
– saam oplossings bedenk vir lastige situasies met jou kind
– duidelik maak wat jy wil

5. hygiene en veiligheid:
– versorging, kindersiektes, gevaarlike situasies

6. mens wees:
– jy is nie net opvoeder/versorger

7. persoonlikheidsontwikkeling:
– interaksie met jou kind
– keuse van speelgoed

8. gewetensontwikkeling en sosiale ontwikkeling:
– eie wil en eie besluite

sertifikaatuitreiking, tydens ete

 

KURSUS POSITIWITEIT IN JOUSELF

Tema’s:         

1. kennismaak met mekaar en met die program:
– die rol van jou brein by positiwiteit

2. liggaamlike welsyn:
– maak jouself beter/gesonder deur spel en sport
– die belang van beweging by positiewe ontwikkeling

3. verstandelike/geestelike toestand:
– negatiwiteit uit, positiwiteit in!
– dink in oplossings, nie in probleme nie
– oplossings bedink vir lastige situasies in jou lewe
– duidelik maak wat jy wil: genoeg is genoeg!

4. keuses:
– negatiwiteit gee ‘n gevoel van kontrole
– verander na kontrole deur positiwiteit

5. clean home, clean mind + hygiene en veiligheid;
– opruim van oorbodige spasievermorsers/gooi ballast oor boord

6. mens wees:
– leer van jou ondervindings, sien die lewe as ‘n leerproses

7. persoonlikheid en sosiale omgewing:
– dit hang van jou af of jy mense aantrek of afstoot
– as jy positiwiteit kan uitstraal deur jou lyftaal en houding, sal jy dit terug ontvang
– mense sal anders op jou reageer, jy sal goeie dinge aantrek

8. gewete en interaksie:
– laat die universum werk deur positiewe gedagtes

sertifikaatuitreiking, tydens ete

 

 

Geef een reactie